top of page

LUTZVILLE

Lutzville benodig ʼn simboliese oomblik van heling en versoening:

Begroting: R500 000 + R500 000

​

 

Die storie van Lutzville en die Ebenhaeser-sendingstasie vertel die hartseer verhaal van verskuiwings, die opbreek van gemeenskappe en tans ʼn verdeelde gemeenskap met baie spanning en onsekerheid. Die trust is oortuig dat ons nou SIMBOLIESE handelinge van versoening nodig het wat nie die verlede vergeet nie, maar ook klaarmaak met die verlede sodat gemeenskappe SAAM kan vorentoe.

​

 

Op Lutzville het ons kennis geneem van ʼn paar werklikhede:  

*Die hartseer verhaal van die 82 jarige prof Daan Cloete (UWK emeritus professor NT) wie se familie twee keer van hul grond verwyder is totdat die gemeenskap heeltemal uitmekaar gespat het. Prof Daan het matriek in Distrik Ses voltooi en sy doktorsgraad in Nederland behaal. Die ou Ebenhaeser-sendingstasie waarvan net die

kloktoring in die boer se skuur oorgebly het. Die nuwe Ebenhaeser waarheen verskuif is met sy interne konflik en werkloosheid.

        

*Die 16 plase wat onteien is, maar ʼn proses wat nie vorder nie omdat mense nog stry oor of hulle die geld of grond moet neem.

   

*Die 37 uitstaande grondeise wat uitstaande is en waaroor nou ʼn hofsaak is.

   

*Die verdeeldheid, onversoenbaarheid en spanning in die gemeenskap.

​

 

Prof Daan soek nie geld of grond nie, maar ʼn klein plaat van herrinnering en ʼn simboliese ruimte wat heling kan bring. Ons wil graag die ou kerk op die nuwe Ebenhaeser regmaak en in ʼn rekenaarsentrum en advieskantoor vir die gemeenskap omskep. Dit sal leerders help om hul toekoms na behore te beplan en in ʼn rigting te stuur. Dit sal ʼn interkerklike gemeenskapsinisiatief moet wees.

4.jpg
1.jpg
2.jpg
3.jpg
bottom of page