top of page
  • Writer's pictureHopeTrust

#Groei in Goodwoodpark

Goodwoodpark Bewaarskool, wat al vir 38 jaar deel vorm van die gemeenskap van Goodwood, het tydens die eerste helfte van 2021 aangesluit by die Hoop en Versoening Trust se volhoubare projek #GROEI. "Ons het begin met 'n groentetuin omrede dit vir ons belangrik is om vir die leerders van ons skool te wys en te leer hoe plante groei. Dit was so 'n groot sukses dat ons besluit het om die groente aan te wend in ons kombuis asook om die tuin uit te brei na ander dele van ons perseel. Dit wat oortollig is, gee ons graag weg vir ons personeel of vir mense in die gemeenskap wat dit nodig het. Edison, wat ons tuin en gronde bestuur, het regtig ‘n Godgegewe talent en ons plante en groentetuin floreer onder sy hande.




"Ons is geweldig trots op ons tuine en die kinders geniet dit vreeslik om te sien hoe die groente ontwikkel en groei. Tydens ons fondsinsameling in 2021, was ons ook bevoorreg om genoeg fondse in te samel om tien vrugtebome aan te koop en op ons perseel te plant. Dit is vir ons belangrik om nou vir ons huidige leerders iets van waarde te skep, maar dit ook te behou vir die leerders wat in die toekoms ons skool gaan bywoon."



0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page