top of page
  • Writer's pictureHopeTrust

#GROEI in Khayelitsha

Die Hoop en Versoening Trust ondersteun Zendalo Organics and projects se projekte in Khayelitsha deur saad te skenk. Hulle is ‘n wonderlike instansie wat betrokke is by groentetuine.

Hierdie organisasie is in 2018 gestig om te help met voedselsekuritisering en om die landbou- en boerderyvaardighede van mense in arm gemeenskappe te ontwikkel. Dit is ook vir Zendalo Organics belangrik om opleiding en advies aan gesinne te verskaf oor tuinmaak, kompos en die kweek van saailinge voordat saad aan hulle gegee word. Met behulp van WhatsApp-groepe, bly hulle ook deurlopend in kontak met die huishoudings om seker te maak dat hulle die nodige ondersteuning kry wanneer uitdagings soos peste opduik.



Zendalo Organics and Projects vertel verder dat hulle hoofdoel in hierdie lewe is om ander te help. “Mense vasgevang in armoede het nie voortdurend toegang tot iets om te eet nie. Voedselveiligheid is een van die vele redes waarom dit belangrik is vir Suid-Afrikaners om hulle eie kos te kweek. En natuurlik proe tuisgekweekte groete beter! Groentetuine bemagtig ook die jeug met verdere vaardighede en verskaf broodnodige buitemuurse oefening.


Ons hoofdoel bly voedselsekerheid; individue met groentetuine het altyd toegang tot voldoende, veilige, voedsame kos om 'n gesonde en aktiewe lewe te handhaaf.”


Zendalo besoek huishoudings om te bepaal of hulle totale verdienste minder as R5000 per maand is. Hulle maak ook seker dat die gesinne die voldoende ruimte het vir 'n tuin en dat sonlig in die oggend of laatmiddae ontvang sal word voordat saad aan hulle gegee word. Die gemiddelde grootte van die huishoudings se tuine is tussen 6 vierkante meter en 10 vierkante meter.


'n Volhoubare leefstyl word ten sterkste aangemoedig. Daarom is die bron van water reënwater gedurende die reënseisoen en die ander bron is om gryswater te gebruik van alledaagse huishoudelike gebruik soos bad- of skottelgoedwater.


BEGINNERSPAKKE EN VERSPREIDING

Zendalo Organics and Projects bied een dag se opleiding om die volgende te dek:

- Organiese boerdery bekendstelling en die voordele daarvan

- Grondvoorbereiding

- Kompos

- Bedding voorbereiding

- Saad saai en uitplant van saailinge

- Tuinmaak en instandhouding

- Water, oes en natmaak

- Peste en beheer van plantsiektes

Die tweede dag is om die saadpakkies onder die huishoudings te versprei. Die derde dag behels huisbesoeke en implementering van die produksie-insette. Aanvangspakke bestaan ​​uit die volgende:

- Kraalmis

- Bokashi kompos

- Plantversterker

- Saailinge (variëteite)

- Sade (variëteite)

- Tuingereedskap (gieter, handgereedskapstel, graaf, hark)


Kontakbesonderhede:


Zodidi Meke. 0784315949 | zodiditutsemeke@gmail.com

Phumlani Dlongwana. 0662260815 | dlongwanaphumlana@gmail.com




0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page